TERUG SON TOE (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

TERUG SON TOE deur Annico van Vuuren is 'n verhaal wat in vandag se dag afspeel - hier in ons Reënboogland met sy korrupsie, geweld en teenstrydige benadering van alles onder die son. Gewone mense wat vrae vra oor hierdie probleme - wat hoop op 'n toekoms wat ons TERUG SON TOE sal neem. Hierdie probleme kry ook gestalte in die hoofkarakter, Joric se persoonlike stryd. Hy is wit maar het as bruin grootgeword. Hy sukkel om by 'n eie identiteit uit te kom; om gister se haat en frustrasies af te lê; om die tragiek van sy eerste sewe en twintig jaar te besweer en genade te vind teenoor al die betrokkenes. Hy is ook deur almal wat hom liefhet en haat omring: Wat sy stryd met hom moet meemaak. En elkeen self sy eie aanpassing moet probeer bewimpel. Gelyktydig raak hy diep betrokke in die liefde: Dit kerf nóg dieper en staar onoorbrugbare probleme in die gesig. Die verhoudings in hierdie roman is soos stukkies van 'n legkaart wat elk sy pasgaatjie moet kry. TERUG SON TOE is 'n moetlees vir almal wat op 'n beter môre hoop. Dis prikkelend; dis spannend; en dieprakend romanties. Dis 'n verhaal uit die hart vir almal met hart: Moet dit nie misloop nie.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00U6BR5II
Uitgeverij:Annico van Vuuren
Paperback boek:143
serie:Kindle-editie
gewicht TERUG SON TOE (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:1473 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.