ONTHOU OM TE VERGEET (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

ONTHOU OM TE VERGEET is nog een van ANNICO VAN VUUREN se hoogspanning avontuurromanses wat moeilik neergesit gaan word. Gedurende ‘n bankroof ontplof die rowers – tussen die mense – se tuisgemaakte bom waarmee hulle ‘n kluis wou oopkry. Ons heldin herwin haar bewussyn in die hospitaal as Herni Vorster, 24 jaar oud en ‘n mutimiljoenêr. Sy is histeries vreesbevange, sien gevaar om elke draai en bly sê sy is nie hierdie Herni nie. Toe sy gevra word wie sy dan is, moet sy met ‘n skok besef dat sy aan algehele geheueverlies ly. Haar nagmerrie begin. Dis moeilik genoeg om geen gisters te hê om jou te laat onthou wie jy is nie, maar sy voel boonop deur almal bedreig: deur haar sogenaamde mense en selfs deur haar verloofde. Die ergste is dalk die vreemdeling met sy nagtelike besoeke – eers in die hospitaal en later in die tuin onder haar balkon. Die vibrasies wat hy uitstraal is diep ontstellend. Sy is uitgelewer, sonder geheue en met niemand van haar eie nie – niemand wat sy kan vertrou nie. Toe begin die aanslae op haar lewe. Kom lesers, kom loop Herni se donker pad saam met haar tot waar sy haarself en haar geliefde weer vind.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00INZ4SBG
Uitgeverij:Annico van Vuuren
Paperback boek:186
serie:Kindle-editie
gewicht ONTHOU OM TE VERGEET (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:311 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.