OMNIBUS 4: 1 WAT 'N DROOM KOS; 2 SEKELSON; 3 AS DIE VYEBOOM BOT; 4 GAT IN DIE MUUR (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Omnibus 4, bestaan uit vier van Annico van Vuuren se moetlees epiese verhale, een waarvan nog nooit in eBoekformaat verskyn het nie. Dit bestaan uit: 1 WAT ‘N DROOM KOS 2 SEKELSON 3 AS DIE VYEBOOM BOT 4 GAT IN DIE MUUR Dis vier stories wat dieper aan die siel kerf: In geval van: WAT ‘N DROOM KOS en GAT IN DIE MUUR word die aanslag van die lewe op die jong gemoed realisties gebeeld tot waar drome moet eindig of selfs die ou lyfie sterf voor die aanslag van dwelmmisbruik, egskeiding en ‘n eie plekkie wat nie meer is nie. En in die ou lange: SEKELSON, leer die leser vir Dawid Botha ken: ‘n Kléin Dawid wat moes uitvind hy is ‘n skandedoppie – met Pa-Martiens wat dalk nié sy pa is nie – maar hy moet darem seker die Hemelse Vader se kind wees? Hy soek ‘n vleisgesig pa, maar raak net verdwaal in die gang wat in die Alsiende Oog inloop – ‘n Oog wat hom onophoudelik uit die portretraam onder oog hou. Dawid se loop, aan die einde van die negentiende eeu in die Oos-Transvaal, is nie net vol oorlog nie, maar is boonop stom: ook vir die liefde wat in sy hart oorloop vir Johanna – dalk sy suster? – omdat hy eendag, toe daar twee geweerskote klap, moes skree om te waarsku en hy kon nie. Nou loop Dawid ‘n enkeling se pad, maar altyd terug na sy mense toe: deur die Boereoorlog, maar hy ontferm hom oor oorlogswesies; na die goudvelde maar hy deel sy rykdom; na die krotbuurtes van die jong Johannesburg, maar hy bring seën aan die veragterdes. En hy loop dié opdraandpad tot in die genade van ‘n skerfie sekelson. Hierdie sielkerfende verhaal vind aanklank by die vierde storietjie: AS DIE VYEBOOM BOT wat ook uit gister se Boereharte groei en waarin die karakters – gewone Afrikaners – kan opstaan in ‘n onoorwinlike geloof.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00QUHF7YQ
Uitgeverij:Annico van Vuuren
Paperback boek:203
serie:Kindle-editie
gewicht OMNIBUS 4: 1 WAT 'N DROOM KOS; 2 SEKELSON; 3 AS DIE VYEBOOM BOT; 4 GAT IN DIE MUUR (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:525 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.