OMNIBUS 7: 1 Groot Genoeg; 2 Mamba Moord; 3 Pop; 4 Pik en Glans (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

ANNICO VAN VUUREN se OMNIBUS 7 oortref selfs haar vorige omnibusse. Dit bestaan uit ‘n verskeidenheid leesgenot-aanbiedings met vier totaal uitlopende verhale wat 211 bladsye beslaan. GROOT GENOEG is die eerste verhaal in OMNIBUS 7. ‘n Dieproerende verhaal van Kierie (15), sy sterwende pa, sy bene wat nie wil loop nie, sy Oumie en sy viswatervriend, oom Joof. Elkeen van hierdie karakters het die desperate punt bereik waar môre nie meer sin wil maak nie. Dis uit geneentheid vir mekaar, liefde en verstaan dat almal groot genoeg kan groei vir die volgende oomblik. MAMBA MOORD, die tweede verhaal is nog ‘n Annico van Vuuren wiewassit uit die boonste rakke – al daaraan gedink om ‘n mamba te gebruik om moord mee te pleeg? Hierdie is die makabere verhaal van ‘n aantal mense wat op die spogplaas van beeldskone Arista Greyling ‘n listige moordenaar ten prooi val. Die polisie (die verhaal is nié op polisieprosedure ingestel nie) kan nie daarin slaag om te keer dat een slagoffer na die ander op slinkse wyse deur die moordenaar afgemaai word nie. Is die skuldige een van die plaasmense, iemand uit die Greylinggesin of dalk die buurman, Jan Brand? En die slange en die arme twee vroumense: Nicola en Arista! Annico slaag soos altyd daarin om die spanning snaarstyf te span en om al julle leunstoelspeurders goed te laat kopkrap! POP, kom derde: Toekomsfiksie? Maar gister en môre is in so ‘n mate verweef dat tyd eintlik tot stilstand kom. Alex koop vir sy Ouma Landi ‘n robot om na haar behoeftes om te sien. Vir háár is dit egter net ‘n pop met ‘n saagselhart – of toe dalk nie? Liewe Leser, geniet Pop en tant Landi, Alex en die LIEFDE...! PIK en GLANS is ons vierde verhaal: Jong soeke na liefde en ‘n eie identiteit raak aan die hart. Dit word in tiener hartstogtelike woorde geprent. Sal hy HAAR kan vind vasgedraai in sy eie onsekere en onervare soeke? Lesers, moenie hierdie treffende vier verhale misloop nie.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00VV63PW2
Uitgeverij: Amazon Media EU S.à r.l.
Paperback boek:201
serie:Kindle-editie
gewicht OMNIBUS 7: 1 Groot Genoeg; 2 Mamba Moord; 3 Pop; 4 Pik en Glans (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:509 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.