BLOU MOORD (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

BLOU MOORD: Lokwoorde “Dis moord hierdie, Lica – deur iemand sonder gewete gepleeg. Dis goed dat jy skrik. Grendel jou venster – sluit jou deur. Kyk twee keer voor elke tree wat jy gee. Drink net uit toe bottels. Eet net waarvan almal eet. Jy is bý met meneer Dreyer se dood. Jy sien; jy hoor – hý weet nie wat jy dalk alles kan aflei nie…” Dis hierdie woorde van Les Ras, oud-skoolvriend van Lica, en nou ‘n vernuftige speurder wat haar met ‘n skok laat besef dat, wat ‘n gesellige reünie moes wees, in ‘n nagmerrie ontaard het. Vir hierdie groep ou skoolmaats, wat mekaar na meer as vyf en twintig jaar weer ontmoet, het die jeug en onskuld verdwyn. Dit moes plek maak vir die middeljare en verandering – uiterlik, maar veral innerlik. Op een na is die sesmanskap van weleer ook voltallig, en een van hulle, oud-hoofseun Frans, neem die openingsrede waar. Maar dan sak hy skielik inmekaar – sianiedvergiftiging. Het hy dramaties selfmoord gepleeg of is dit moord? Voordat Les en sy ondersoekbeampte, Buks Venter, nog kan begin soek na leidrade, sterf ‘n tweede slagoffer – hierdie keer is dit onteenseglik: moord. Wie gaan die derde slagoffer wees? Lica, wat intussen nie kan help om in haar gisters te delf en te verdwaal nie, probeer saam met Les na oplossings soek – sy is mos nie verniet ‘n skryfster van speurverhale nie! Maar een aand langs die rivier moet sy besef sy weet lankal te veel na die moordenaar se smaak, en… Met BLOU MOORD slaag Annico van Vuuren weer daarin om haar hoofkarakters te laat lééf, en om die spanningslyn end-uit styf te span. Ook om die leunstoelspeurders wat die ding reg kan uitwerk, selfvoldaan te laat terugsit. Kom ontspan gerus met die lees van Annico se Lica en Les in BLOU MOORD.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B019BK3M5Y
Uitgeverij:Annico van Vuuren
Paperback boek:177
serie:Kindle-editie
gewicht BLOU MOORD (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:2063 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.