'N VLERMUISIE VIR KERSFEES (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Annico van Vuuren se hartroerende verhaal oor die lief en leed van Burg en Loelie is ‘n moetlees vir elke storieliefhebber! Burg is self gewond, maar bring sy gewonde makker deur die vyand se spervuur na veiligheid – tog bly die lewe en sy eie mense hom stief behandel. Of so ervaar hy dit altans. Ná sy ma se dood probeer Maria die groot leemtes in sy gemoed vul – maar Maria is self vol vrese en dra dit ook nog op hom oor. ‘n Nuwe katastrofe tref hom by die mense waar hy bly, en terug by die huis is sy pa weer getroud: net, hy en ma Griet kan geen aanklank vind nie. Dis ook nie die einde van die ‘boosheid’ wat hom ry nie. Soos ‘n tolbossie word hy tot op Wilgersdrif gewaai – waar hy in die bank begin werk en matriek deur ‘n korrespondensiekursus slaag. Toe, twee dae voor Kersfees, kom haal ou weduwee De Beer soos elke jaar haar pêrels uit die bank se bewaarkluis – en toe is sy wêreld weer opnuut onderstebo. Burg en sy afgeleefde blou Volksie beland daarná op ‘n mallemeul van spanning en avontuur wat al doller begin draai. Daar is ook nie vir hom afklimkans nie, want by elke moontlike stilhouplek skuil die polisie, drie jong bankrowers en ‘n ouerpaar wat wag dat Burg ‘n losprys vir hulle ontvoerde Loelie – vier, amper vyf – moet eis. Eers toe Burg met die wysheid van Loelie se ogies begin kyk, en ‘n vlermuisie as Kersgeskenk van haar kry, kan hy sy eie hart gee en van die mallemeule afklim. ‘n Vlermuisie vir Kersfees is ‘n moetlees vir jonk en ook vir oud – van alle ouderdomme! waar die spanning boogstyf staan – maar ook ‘n leesavontuur wat die leser tot die besef bring: ‘n mens hoef nie te praat nie: jy kan maar net jou mense liefhê.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00QNTFV3I
Uitgeverij: Amazon Media EU S.à r.l.
Paperback boek:101
serie:Kindle-editie
gewicht 'N VLERMUISIE VIR KERSFEES (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:1300 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.