OMNIBUS 8: 1 Jong Goud; 2 Silwer Seepbel; 3 Vlermuis vir Kersfees (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Omnibus 8 Lokwoorde Annico van Vuuren se OMNIBUS 8 bestaan uit drie aangrypende verhale: Jong Goud; Silwer Seepbel en ‘n Vlermuisie vir Kersfees. In al drie verhale is ons held op die drumpel van manword, met die lewe wat sy swartkant vir hom bly wys. Hierdie is verhale van groei en ontwikkeling, in romantiese hoogspanning en in diep emosionele betrokkenheid verweef. ‘n Moet vir elke eLeser. JONG GOUD neem ons terug na ‘n tyd in ons land toe goud pas gevind is. En Mic wat in Engeland grootgeword het, bevind hom skielik tussen die Boere met hulle waardes en hulle doen wat aan hom wurg. Boonop loop hy met ‘n skuldgevoel teenoor sy oorlede pa, en toe moet hy nog vlug omdat hy glo dat hy moord gepleeg het. Loop Mic se pad van avontuur en selfontdekking en aanvaarding van homself, sy land en sy mense saam met hom. Mic, soos so baie van ons ontwakende mánne is JONG GOUD. In SILWER SEEPBEL is ons held se omstandighede beter – hy is ‘n bevoorregte kêrel in ons moderne tyd wat sy diep emosionele betrokkenheid by die meisie wat in die huis langsaan bly, met soveel meer skokkende impak op hom laat toeslaan. Die situasie rondom ‘n meisie met iets geheimsinnig aan haar – iets vreemd en onverklaarbaar – prikkel hom net nóg dieper. Hoekom bly sy en haar ma in afsondering – wat skort? Hoekom is sy so silwer bleek? En die onverklaarbare ding tussen hulle wat hulle albei wil oordonder, hoekom gryp sy dit nie – soos hy – met altwee hande vas nie? Gaan hy ooit weer oor die skok van die werklikheid kan kom toe dit op hom toeslaan? Ervaar sy groei en sy berusting in ‘n SILWER SEEPBEL wat nié deur die wind weggewaai kan word nie. Nog ‘n móétlees. In ‘N VLERMUISIE VIR KERSFEES is ons heldin, Loelie, ‘n tere 5. Sy sien net die positiewe in al die aakligheid wat met haar gebeur – en besweer dit so. Sy laat haar stemmetjie in ons held, ‘n beswaarde Burg (19), se oor weerklank vind. Hy is baie besig om die lewe in sy pasgaatjie te probeer druk – nog altyd plof elke positiewe poging vir hom in sy gesig terug. Deernis tussen die twee in ‘n reeks skokkende ervarings dra Burg na ‘n nuwe wete en aanvaarding. En Loelie deur sy toedoen na veiligheid. Hierdie is ‘n teer storie van seerdinge met Burg se rakende Kersgeskenk van Loelie af – ‘n klein wriemelende vlermuisie... OMNIBUS 8 se verhale beslaan 309 bls en is as eBoek verkrygbaar teen ‘n baie billike prys. Moet dit nie misloop nie.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00XC2KJKO
Uitgeverij: Amazon Media EU S.à r.l.
Paperback boek:242
serie:Kindle-editie
gewicht OMNIBUS 8: 1 Jong Goud; 2 Silwer Seepbel; 3 Vlermuis vir Kersfees (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:535 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.