OMNIBUS 2: 1 Kwitansie vir 'n Droom 2 Die Engel Jaap 3 Ses teen Een 4 Onthou om te Vergeet (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Annico van Vuuren se boeiende, romantiese OMNIBUS 2 bestaan uit vier verhale, een waarvan nog nooit op eBoeke verskyn het nie: 1 Kwitansie vir 'n Droom is Ansie se soeke na liefde en romanse. 'n Soeke wat ver draaie gooi maar haar uiteindelik in warmte omvou. 2 Die Engel Jaap is 'n hartroerende Kersverhaal. Bestaan daar waarlik iets soos wonderwerke? En as so iets moontlik moet wees, weet almal daarvan? Het JY al ooit 'n Engel gesien as 'n teken van genade? 3 Ses teen een is 'n satiries, humoristiese toekoms fiksie verhaaltjie vol deernis en menslikheid en sentreer om die wisselspel tussen die manlike en vroulike bewoners van ons ou aarde en 4 Onthou om te Vergeet: . Ons heldin herwin haar bewussyn in die hospitaal as Herni Vorster, 24 jaar oud en ‘n mutimiljoenêr. Sy is histeries vreesbevange, sien gevaar om elke draai en bly sê sy is nie hierdie Herni nie. Toe sy gevra word wie sy dan is, moet sy met ‘n skok besef dat sy aan algehele geheueverlies ly. Haar nagmerrie begin. Dis moeilik genoeg om geen gisters te hê om jou te laat onthou wie jy is nie, maar sy voel boonop deur almal bedreig: deur haar sogenaamde mense en selfs deur haar verloofde. Die ergste is dalk die vreemdeling met sy nagtelike besoeke – eers in die hospitaal en later in die tuin onder haar balkon. Die vibrasies wat hy uitstraal is diep ontstellend. Sy is uitgelewer, sonder geheue en met niemand van haar eie nie – niemand wat sy kan vertrou nie. Het sy dan niemand lief nie – het niemand haar lief nie... Toe begin die aanslae op haar lewe. Liewe lesers Omnibus 2 is 'n besliste moet vir elke storieliefhebber.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00O6E7HT8
Uitgeverij:Annico van Vuuren
Paperback boek:176
serie:Kindle-editie
gewicht OMNIBUS 2: 1 Kwitansie vir 'n Droom 2 Die Engel Jaap 3 Ses teen Een 4 Onthou om te Vergeet (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:498 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.