OMNIBUS 6: 1 KôKô se KOL SON; 2 BOETIEBOSSIE; 3 KôKô WEN WEER (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

OMNIBUS 6 is ANNICO VAN VUUREN (saam met haar man: LUKAS) se eerste Omnibus vir kleingoed – darem vir kleingoed van alle ouderdomme! Selfs Oupa en Ouma gaan nie net die heerlik lees vir húlle kleingoed geniet nie, maar die stories self. OMNIBUS 6 bestaan uit drie vollengte jeugboeke, met KôKô WEN WEER – die derde verhaal wat nog nooit voorheen op eBoeke verskyn het nie. Dit is ook die tweede in die reeks en sluit aan by die eerste verhaal: KôKô se Kol SON. Hierdie twee storietjies gaan oor Entjie Oener (kapokhennetjie) en Kôkô, ‘n krokodilletjie wat na die groot reën op Sleepselvlei tussen die Vleivolkies uitspoel. Hierdie onwaarskynlike paartjie (diep lief vir mekaar) word die middelpunt van avontuur na avontuur. In die eerste gaan dit oor Kôkô se stryd om aanvaar te word tot hy sy Kol Son verdien. In die tweede, gaan dit oor die Vlei – met Kôkô op die voorpunt – se stryd wat hulle in onwetendheid teen Boer se masjinerie voer (hulle vrees dis ‘n aanval deur monsters om Sleepselvlei op te vreet) wat besig is om vir hulle ‘n damwal teen droogte te bou. Annico slaag daarin om in hierdie verhaaltjies die diertjies te laat voel en praat soos mense, maar gelyktydig iets van hulle dier-karakters te behou. Dink daaraan: hoe om jou leser te laat voel, dis ‘n krap wat praat, of ‘n vink; ‘n koggelmander; ‘n padda, of enige van die baie Vleivolkies – om nie eens van ‘n kapokkie of ‘n krok te praat nie! Lekker-lekker leesgenot. Die middelste van die drie verhale is ietwat ernstiger met ons held Boetjan, nog nie ses nie, aan die baklei teen geweld en onregverdigheid. Hierdie verhaal sal ons lesertjies terugvat na ‘n tyd in ons land, toe dit nog dikwels gebeur het vir ons Afrikanermense om in ‘n wa te moet bly. Hulle sal alles van die lewe tóé met nuwe oë kan sien. Dit erváár. Hulle sal ook insig kry in die diamantevelde aan die Oranjerivier (Grootrivier) se walle in ‘n tyd toe delwers geen beskerming gehad het behalwe hulle eie kop en hande nie. Die eintlike waarheid van die storie lê in die feit dat ‘n diepgaande band tussen mens, dier en natuur ‘n skans teen aanslae word. Want dis nie net Boetjan, Pa, Ma en Stefaans teen die diewe nie. Hulle liefde vir hul diere, laat die diere sáám baklei: Brak, Kiets, Blommetjie en die osse – tot Koelekoel en sy henne. Dis om nou nie eens van Boetiebossie te praat nie (die boetebossie wat Boetjan voel sy boetie is en wat hy gereeld natdra en versorg) – die enigste groenigheidjie in die dor aarde om hulle wa. Tot die uil wat in hulle doringboom bly, dra – toe die keerpunt kom – sy bietjie by. Maar wat ons lesertjie veral gaan raak, is dat Boetjan, klein soos hy is, waarlik die held in die verhaal is. Dat hy in sy jonkheid kon doen en besluit – en ‘n doen wat wel aanvaarbaar is vir sy vermoëns – wat hulle kon laat wen teen die oormag. Moenie dat jou kleinding hierdie stories misloop nie.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00T3FZ70Q
Uitgeverij:Annico van Vuuren
Paperback boek:216
serie:Kindle-editie
gewicht OMNIBUS 6: 1 KôKô se KOL SON; 2 BOETIEBOSSIE; 3 KôKô WEN WEER (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:511 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.