SEKELSON (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

ANNICO VAN VUUREN se SEKELSON is 'n MOET-lees vir alle storieliefhebbers! Dis die verhaal van Dawid Botha wat op ses diep geslaan word toe hy moes uitvind hy is 'n skandedoppie wat - deur pa en ma versaak - as pap baba op Pa-Martiens en Ma-Kato se stoep gelos is. En waarom juis daar? Sy ouers kon dan tog net Pa-Martiens en tannie Chris, buurvrou op Kortdraai langsaan, wees? Hy aanvaar dit huiwerig terwyl hy met sy hele hart wens dis waar. Totdat hy as jong man moes uitvind dat sy liefde vir sy suster Johanna méér is as die van 'n halfbroer. Toe hy dan skielik enigiemand anders se kind wou wees as Pa'Martiens s'n, maak Pa-Martiens se sterwenswoorde hom onherroeplik sy seun. Hy moet met hierdie verskrikking op sy lewenstog saamleef. 'n Tog wat hom van Kort- en Langdraai wegvat na die Barbertonse delwerye en toe na die bou aan die Oosterspoorlyn en uiteindelik na Rooidraai, sy eie plaas. Hy beleef ook die Eerste Vryheids- en die Boereoorlog. Dis 'n tog wat hom geestelik afdraand laat loop tot hy die onvergeeflike sonde teen Jo en Johanna pleeg, wat hom verder in die afgrond inslaan en hom op 'n desperate soeke stuur na 1918 se Johannesburg, waar hy soekend by Manie en sy gesin tuisgaan en die griep epidemie beleef, maar waar hy ook 'n nuwe heil onder 'n groter genade vind. Moenie hierdie aangrypende verhaal van Dawid en ons Boeremense van gister se lewens misloop nie!

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00KB2R8KC
Uitgeverij: Amazon Media EU S.à r.l.
Paperback boek:185
serie:Kindle-editie
gewicht SEKELSON (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:471 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.