OMNIBUS 5: 1 Die leë Abakus; 2 Doepa vir 'n Vaal Feetjie; 3 Blou Kosmos en 4 Tussen Mure (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

OMNIBUS 5 is nóg een van ANNICO VAN VUUREN se MOETkoop Omnibusse met sy vier verhale. Drie korter en bondig met BLOU KOSMOS wat nog nooit voorheen op eBoeke verskyn het nie. En dan die baie populêre vollengte roman: TUSSEN MURE – oorlopenstoe romanties en liefdegevul soos nie dikwels gekry word nie in ‘n ultra hoogspanningsgleuf aangebied. 1 DIE LEë ABAKUS is ‘n seer ontdekking van eie tekortkoming in ‘n teer Afrikaner-adel agtergrond. Tog is daar groei en ontwikkeling, want liefde en opoffering bring sy eie beloning. 2 DOEPA VIR “N VAAL FEETJIE: Is ‘n mens so vaal en onopvallend dat selfs graad tweetjies jou Vaal Feetjie doop, het jy tog seker geen hoop op romanse nie? Of tog? Wat van die pa wat vir sy belemmerde graad twee dogtertjie Doepa het wat werk teen die lewe se aanslae? 3 BLOU KOSMOS: Hoe om op agtien die dood van jou geliefde te verwerk? Kry jy ‘n Blou Kosmos uit die buitenste ruim om jou te troetel en te dra en alles vir jou te doen. Hoekom wil jou tweeling – jou sielsgenoot – jou Blou Kosmos dan net met wrede hande bykom? En is dit moontlik om ooit weer by aanvaarding – en by jouself – uit te kom? 4 TUSSEN MURE: Vic, ‘n volwasse, gesertifiseerde outis, kon nog nooit van sy pa se afsterwe af, in sy kleintyd, sy fisiese mure verlaat nie. Sy psigiese mure lyk vir Katia, wat een van sy verpleegsters word, egter méér onoorkomelik. Sal sy hom kan help – dadelik haar dringende behoefte. Veral omdat hy skynbaar selfs fisiese geweld teen haar sal gebruik as hy haar net kan kry om weg te gaan. Die spanning tussen haar en Vic groei. Tot hy die onmoontlik verrig, hy ontsnap uit sy fisiese mure! Belewe Vic en Katia se stryd teen alles en almal – terwyl hulle liefde al hoër en meer vergeef blom – tot waar elke muur tot minder as stof verkrummel. Koop en geniet Annico se OMNIBUS 5!

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00S6DBKCU
Uitgeverij: Amazon Media EU S.à r.l.
Paperback boek:221
serie:Kindle-editie
gewicht OMNIBUS 5: 1 Die leë Abakus; 2 Doepa vir 'n Vaal Feetjie; 3 Blou Kosmos en 4 Tussen Mure (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:561 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.