Kôkô se KOL SON (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Annico en Lukas van Vuuren se Kôkô se KOL SON is kleingoed van alle ouderdomme se kos! Dis die hartroerende storie van ‘n boesemvriendskap tussen Kôkô, ‘n krokodilletjie wat mak groot geword het – en vir sy kos vertonings by die vissery moes lewer: met sy bril, hoed en stert – wat hy boepensie-krom vir besoekerspret (dat hulle vir hom kon lag!) moes laat staan, en Entjie, ‘n kapokhennetjie wat vir ‘n hond moes vlug en toe in Sleepselvlei by die ander vleivolkies beland het. ‘n Groot reën tref die hele omgewing, tot die krokodilput in die vissery loop vol water. Grootoupa stuur Kôkô om hulp te gaan soek, maar Grootrivier gryp Kôkô en hy spoel ook in Sleepselvlei uit. NET! Die volkies is bang vir ‘n krok en probeer van Kôkô ontslae raak, dis net Entjie aan sy kant. Lees van die tweetjies se baie spannende en hartseer wedervarings en manewales en van hoe hulle moes baklei vir Kôkô om uiteindelik sy kol in die son te kon kry. Ouers, as julle lief is vir julle kleingoed…!

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00GMHWEOA
Uitgeverij: Amazon Media EU S.à r.l.
Paperback boek:102
serie:Kindle-editie
gewicht Kôkô se KOL SON (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:291 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.