Afrikaanse Skrywers Omnibus 2 (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Drie verhale van om en by 10duisend woorde elk In 'n Stofpad op – Annico van Vuuren Na Madi, in gr 11, se pa se hartaanval, verbrokkel haar lewe totaal. Hulle moet wortels optrek dat haar pa na ‘n warm, droë klimaat kan verhuis. Gewoond aan die stad, is die stofpad voor hulle deur, die benouing van omringende berge en die vaalte van alles vir haar oorweldigend. Haar eerste skooldag is ook traumaties. Die enigste ligpuntjie is die seun, Gerrie (in matriek) van langsaan. Maar die omstandighede in sý huis is hartverskeurend. Barbier – Jurie Mentz Nadat Emile Truter oneervol uit sy pos in die SAPD ontslaan is, moet hy iets anders vind om sy brood mee te verdien. Sy susterskind leer hom om hare te sny. 'n Lekker tong in die kies storie van 'n man wat sy rieme styfloop met 'n vrou wat hy beter wil leer ken. En sy suster se seun en vriend wat 'n oplossing vir 'n knellende probleem in ons land soek! Fontein van Liefde en Gevaar – Rika du Plessis Toe Bertus tydelik sy tante se woonstelblok in die stad moes gaan bestuur, het hy nie kon droom hy gaan daar en dan verlief raak en boonop met diamantdiewe te doen kry nie. Wat sy sogenaamde vakansie moes wees, ontaard in vreeswekkende oomblikke.

De auteur:Annico van Vuuren
Isbn 10:B00KDI0Q30
Uitgeverij:Renza Publishing
Paperback boek:79
serie:Kindle-editie
gewicht Afrikaanse Skrywers Omnibus 2 (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:719 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.