Waar engele wandel (eBoek) (Engele op 'n missie) [Kindle-editie]

Die eerste boek in ’n splinternuwe reeks, Engele op ’n missie, verskyn uit New York Times topverkoperskrywer, Karen Kingsbury, se pen. Waar engele wandel handel oor tweede kanse –’n dramatiese storie oor ’n uitgediende bofbalspeler, die meisie wat hy agtergelaat het en die wonderwerke wat beide van hulle kan red.Wanneer Tyler Ames, voormalige bofbalster, ’n besering opdoen wat sy bofballoopbaan beëindig, is hoe hy sy lewe kan laat terugkeer na wat dit voorheen was, al waaraan hy kan dink. Hy het reeds almal vir wie hy lief was, verloor op sy pad na roem. Net wanneer dit lyk of dinge besig is om te draai, bereik Tyler sy allerlaagste punt. Intussen het sy enigste ware liefde, Sami Dawson, wat aan die anderkant van die land woon, reeds aanbeweeg.’n Reeks klein wonderwerke lei Tyler na ’n onderhoudswerk by ’n aftree-oord en ’n vriendskap met Virginia Hutcheson, ’n ouer vrou met Alzheimer-siekte, wat vreemd genoeg die antwoorde mag hê wat hy so desperaat na soek.’n Span Engele op ’n missie gaan op ’n sending om hoop te herstel vir Tyler, Sami en Virginia. Kan hierdie klein en skynbaar niksbeduidende dade van die ongesiende engele genesing en bevryding bring? En kan die woorde van ’n vreemdeling verlore liefde weer laat ontvlam? Elke reis begin met ’n eerste tree.Dit is tyd vir die sending om te begin ...

De auteur:Karen Kingsbury
Isbn 10:B010VT7AG6
Uitgeverij:Struik Christian Media; 1 editie
Paperback boek:235
serie:Kindle-editie
gewicht Waar engele wandel (eBoek) (Engele op 'n missie) [Kindle-editie]:730 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.