Dans van die engele (eBoek) (Engele op 'n missie) [Kindle-editie]

Uit die Nr. 1 New York Times topverkoperskrywer Karen Kingsbury se pen kom Dans van die engele, die tweede roman in die Engele op ’n missie-reeks oor geestelike ingryping en die beproewings en oorwinnings in mense se lewens – die dramatiese storie van ’n vrou wat desperaat soek na betekenis in haar lewe. Mary Catherine het grootgeword in ’n welgestelde huis. Hoewel sy baie lief is vir haar ryk ouers, het sy nog nooit van hulle gemaklike lewenstyl gehou nie. In plaas daarvan soek Mary Catherine na betekenis in die lewe deur liefdadigheidswerk te doen, deur ’n stukkie van haarself weg te gee, maar nooit haar hart nie.Mary Catherine woon in Los Angeles saam met haar kamermaat, Sami, en doen vrywillige werk by die plaaslike jeugsentrum saam met afrigter Tyler Ames en LA Dodger-speler Marcus Dillinger. Ten spyte van haar voorneme om enkel te bly, vind sy haarself dat sy al hoe nader aan Marcus beweeg, en hulle ontluikende romanse gee aan haar die kans op ’n opwindende lewe waarvan sy maar net kan droom. Dit natuurlik voordat sy verpletterende nuus van haar dokter ontvang – nuus wat haar toekoms verander en dwing om ’n roekelose besluit te neem.Vol inspirasie en aangrypend, is Dans van die engele die storie van ’n vrou se diep sielsverlange en die opofferings wat sy bereid is om te maak in haar soeke na genesing.

De auteur:Karen Kingsbury
Isbn 10:B010VT7AN4
Uitgeverij:Struik Christian Media; 1 editie
Paperback boek:239
serie:Kindle-editie
gewicht Dans van die engele (eBoek) (Engele op 'n missie) [Kindle-editie]:735 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.