Wraakgodin (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Anina Enslin word wreed deur haar man mishandel. Sy wil skei, maar hy weier. Verskeie pogings van haar om weg te loop, word deur hom en sy bullebakwagte in die wiele gery. Asof dinge nie erg genoeg is nie, vind sy per ongeluk uit van sy duistere sake, en hy gee opdrag dat sy vermoor moet word.Sy spoel uit die see uit, erg vermink, maar lewe. Vissers vind haar en neem haar na 'n klein privaat kliniek daar naby.Gedurende haar herstel daar, raak sy lief vir dokter Erik Greyling, en hy vir haar, maar sy weier om dit te erken. In haar brein is daar net een allesoorheersende gedagte: om wraak te neem op Brian Enslin vir dit wat hy aan haar gedoen het. Die wraakgedagtes en pogings om dit uit te voer, ontneem haar van alle logiese en verstandige denke sodat sy by die kliniek padgee.Haar planne loop egter skeef, en hierdie keer staar sy die dood werklik in die oë. Sal sy kan wegkom? En indien wel, sal Erik haar ooit vir haar dwaasheid vergewe en nog 'n kans gee? Sal sy kans kry om teenoor hom te erken dat haar liefde vir hom op die ou end baie soeter is as haar vroeëre wraakgedagtes?

De auteur:Rika du Plessis
Isbn 10:B005L3YYD0
Uitgeverij:Boekemakranka
Paperback boek:75
serie:Kindle-editie
gewicht Wraakgodin (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:201 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.