Anina Enslin word wreed deur haar man mishandel. Sy wil skei, maar hy weier. Verskeie pogings van haar om weg te loop, word deur hom en sy bullebakwagte in die wiele gery. Asof dinge nie erg genoeg is nie, vind sy per ongeluk uit van sy duistere sake, en hy gee opdrag dat sy vermoor moet word.Sy spoel uit die see uit, erg vermink, maar lewe. Vissers vind haar en neem haar na 'n klein privaat kliniek daar naby.Gedurende haar herstel daar, raak sy lief vir dokter Erik Greyling, en hy vir haar, maar sy weier om dit te erken. In haar brein is daar net een allesoorheersende gedagte: om wraak te neem op Brian Enslin vir dit wat hy aan haar gedoen het. Die wraakgedagtes en pogings om dit uit te voer, ontneem haar van alle logiese en verstandige denke sodat sy by die kliniek padgee.Haar planne loop egter skeef, en hierdie keer staar sy die dood werklik in die oë. Sal sy kan wegkom? En indien wel, sal Erik haar ooit vir haar dwaasheid vergewe en nog 'n kans gee? Sal sy kans kry om teenoor hom te erken dat haar liefde vir hom op die ou end baie soeter is as haar vroeëre wraakgedagtes?
Populaire auteurs
Cram101 Textbook Reviews (948) J.S. Bach (447) Wolfgang Amadeus Mozart (305) Collectif (268) Schrijf als eerste een recensie over dit item (259) Doug Gelbert (238) Princess of Patterns (211) Charles Dickens (209) R.B. Grimm (197) Carolyn Keene (187) Jules Verne (183) Philipp Winterberg (180) William Shakespeare (174) Youscribe (172) Lucas Nicolato (169) Edgar Allan Poe (166) Herman Melville (166) Anonymous (165) Gilad Soffer (164) Robert Louis Stevenson (159)Populaire gewichtsboeken
418 KB 425 KB 435 KB 459 KB 445 KB 439 KB 386 KB 413 KB 493 KB 432 KB 455 KB 471 KB 421 KB 451 KB 485 KB 472 KB 416 KB 369 KB 419 KB 427 KB