Ontmoetings (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Onderhoude met belangrike of interessante mense maak dagblaaie vol. In Ontmoetings skryf Dries Brunt oor sy eie ontmoeting met Marinda Claasen, ‘n joernalis, wat vir ‘n plaaslike koerant sulke onderhoude voer. Saam met sensasiewekkende onthullings, skandale, heldeverering en helde-ontbloting is daar agter elke storie wat in die koerant verskyn, nog ‘n storie, die een wat nie gepubliseer word nie. Dit is die persoonlike en dikwels intieme deel wat nie vir algemene konsumpsie beskikbaar is nie. Dit is dié wat Marinda uitsnuffel om agter die vertoon van 'n besondere prestasie, die drama van ons bestaan bloot te lê; die ware storie te ontdek. Die boek bevat 'n reeks sketse waarin sy gesprekke met prominente mense aanvul met haar eie waarneming en opvattings. Minister en bedelaar, sportheld en modepop, waardige en verspotte karakters, verskyn in 'n kaleidoskoop van erns en humor. Die boek vertel van die dwase eiesinnigheid van mense, tragiese gebeure, toegewydheid van die een en lafhartigheid van die ander, wat mekaar afwissel in 'n komiese uitbeelding van ons samelewing. Agter die skerts en die knypie sout is die dieper betekenis van die stories nooit ver te soek nie.

De auteur:Dries Brunt
Isbn 10:B0068Q4QEQ
Uitgeverij:Boekemakranka
Paperback boek:217
serie:Kindle-editie
gewicht Ontmoetings (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:603 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.