Onheil op Blinkwater (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Anza van Eck sien baie uit na die eilandvakansie saam met haar seuntjie, Ockie. Blinkwater is geleë op 'n eiland in die middel van die Vaalrivier. By hulle aankoms begin sy uitpak en stuur Ockie om met sy hondjie buite te speel terwyl sy besig is. Sy sal hom roep vir ete sodra sy klaar is. Die gedagte dat hy dalk in gevaar mag verkeer kom nie eens by haar op nie. Niemand sien die uitdrukkinglose oë net bokant die watervlak wat die wêreld bespied nie. Niemand weet van die gruwel wat wag om te gebeur nie. Gaan Ockie die eerste slagoffer van die honger monster wees? Donderstorms wat die rivier laat afkom en die enigste brug oorstroom, hou die klein groepie mense wat nie betyds weggekom het nie, gevange en hulle word aan die genade van die monster uitgelewer. Die werkers praat van 'n salamander wat lank gelede die kinders gevang en opgevreet het, maar daar is net een persoon wat die waarheid weet en kennis dra van wat die monster werklik is. Kristof Lotter is 'n herpetoloog en hy kan hulle help om die gedrog dood te maak, maar hy het sy eie agenda en dit behels nie die uitwis van die monster nie. Sal daar nog iemand lewend wees wanneer redding eindelik opdaag?

De auteur:Vera Wolmarans
Isbn 10:B00ARWJSTK
Uitgeverij:Boekemakranka
Paperback boek:114
serie:Kindle-editie
gewicht Onheil op Blinkwater (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:1349 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.