Eet daai koekie ... koop daai skoene: Toestemming om jou lewe te geniet [Kindle-editie]

Dis goed om fees te vier!Het jy dalk ’n verandering in jou roetine nodig? Wil jy ’n goeie prestasie vier? Jy mag maar. Dit was nog nooit God se wil dat jy die hele tyd moet swaarkry en skuldig voel nie. Om die waarheid te sê, God wil hê jy moet leer hoe om jou oorwinnings te vier.Eet daai koekie … koop daai skoene … sal jou die vryheid help vind om:Iets te doen wat jy geniet sonder om skuldig daaroor te voelJesus en alles wat Hy vir jou doen, te vierJou eie vordering te beloon eerder as om jouself oor ’n mislukking te strafJouself toestemming te gee om uitdagings met ’n ligte hart aan te pak terwyl jy jou geestelike balans behou.Moenie so hard op jouself wees nie!Op een of ander tyd moet almal maar daai smullige koekie eet of daai pragtige paar skoene koop om ’n prestasie te vier. Jou koekie en skoene kan enigiets wees wat jy geniet. Eet daai koekie … koop daai skoene … sal jou help om te ontspan en ’n gewone dag in ’n feesviering te verander.Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste predikers. Haar boeke is New York Times topverkopers en het al miljoene mense gehelp om hoop en genesing te ervaar deur Jesus Christus. Meer as twaalf miljoen van haar boeke is al wêreldwyd versprei. Haar televisie- en radioprogram, Enjoying Everyday Life, word wêreldwyd aan ongeveer drie miljard mense uitgesaai. Van haar topverkopers is Wen die stryd in jou gedagtes en Oorwin jou behoef­te om almal tevrede te stel.

De auteur:Joyce Meyer
Isbn 10:B00I0C4L8W
Uitgeverij:Struik Christian Media
Paperback boek:162
serie:Kindle-editie
gewicht Eet daai koekie ... koop daai skoene: Toestemming om jou lewe te geniet [Kindle-editie]:631 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.