Wen die stryd in jou gedagtes: Behaal jou belangrikste oorwinning ooit [Kindle-editie]

Wen die stryd in jou gedagtes – nou beskikbaar in ’n hersiene, bygewerkte uitgawe. Joyce Meyer se immergewilde boek Wen die stryd in jou gedagtes word gereken as een van die impakrykste Christelike boeke van die afgelope dekade. Dit is Joyce Meyer se bekendste titel en loshande haar beste verkoper tot op hede. Die uitgebreide uitgawe is maklik om te lees en bevat fundamentele waarhede om toegang te verkry tot die nuwe lewe wat aan ons gebied word deur ons verhouding met Christus. Daar is nuwe materiaal ingevoeg wat verdere studie en insigte sedert die boek aanvanklik uitgegee is, weerspieël. Meyer het ook nuwe voorbeelde ingesluit van wat God gedoen het in situasies wat sy in die eerste uitgawe van die boek bespreek het. Wen die stryd in jou gedagtes sal jou lewe verander – dit bevat ’n kragtige, Bybels-gefundeerde boodskap wat jou sal wys hoe om oorwinning te behaal in jou gedagtewêreld en gevolglik ook in jou lewe.

De auteur:Joyce Meyer
Isbn 10:B00I0C4XOE
Uitgeverij:Struik Christian Media; 2 editie
Paperback boek:211
serie:Kindle-editie
gewicht Wen die stryd in jou gedagtes: Behaal jou belangrikste oorwinning ooit [Kindle-editie]:475 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.