James Bond Ontbloot: Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Heinz Mödler se James Bond Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent is vermaaklik en toeganklik. Dit delf in die verbeel­dingryke tegnologie wat in die Bond-films uitgebeeld word en ondersoek die geloofwaardigheid van die dikwels bisarre situasies waarin die held hom bevind. Is ’n tarantula byvoorbeeld so dodelik soos Dr. No wil hê ons moet glo? Kan die menslike liggaam die G-krag waaraan hy in Moonraker onderwerp word, werklik oorleef? Is die blouring­seekat so giftig soos wat in Octopussy beweer word? En wat is die effek op die menslike liggaam van ’n oordaad rooivleis, brood en Martini’s? James Bond Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent gee ’n feitelik korrekte, humoristiese blik op ’n magdom interessante vrae. Mödler se deeglik nagevorste antwoorde sorg keer op keer vir fassinerende resultate. “Die versnit van wetenskaplike kennis, kaalvoettaal en skerp spot kan niemand in Afrikaans dié skrywende dokter nadoen nie.” -Rachelle Greeff ’n Subteks tot die befaamde James Bond, geskryf deur Heinz Mödler, wêrelds en boonop ’n deur­dagte mediese kenner. Dit gaan onmoontlik word om die boek nie te lees nie. -Eben Venter

De auteur:Heinz Mödler
Isbn 10:B00ITPS7GM
Uitgeverij:Naledi
Paperback boek:191
serie:Kindle-editie
gewicht James Bond Ontbloot: Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:393 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.