Waag dit om weer te hoop (eBoek): Laat God weer jou passie aanwakker en jou drome herstel [Kindle-editie]

In ’n toenemend negatiewe wêreld waar drome en hoop verydel word en waar verhoudings dikwels gespanne of gebroke is, smag ’n mens dikwels na persoonlike, geestelike bemoediging. In Waag dit om weer te hoop, topverkoperskrywer Dutch Sheets se nuwe boek, kan jy openbaring en inspirasie in een klein, maar kragtige woord vind: hoop. Hy herinner ons aan wat die Bybel in Spreuke 13:12 sê: ‘’n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom’ (1933-vertaling). Uitgestelde hoop is dieselfde as wat verkoue in ons leeftyd is. Dutch Sheets wys jou hoe om uit te reik na God in hierdie moeilike tye en om te beweeg na ’n plek van bemoediging, begeerte en vervulling – met ander woorde, om hoop te herontdek. Elke hoofstuk bevat ook oordenkings wat jou: Laat nadink oor die boodskap; Help om die inspirerende waarhede in jou lewe toe te pas; Oor jou spesifieke situasie laat bid. Ons kan ons harte herprogrameer en ons gedagtes stuur op ’n roete om God te vertrou; om hoop te ontvang en daarin te wandel, maak nie saak wat die lewe na ons kant toe gooi nie.

De auteur:Dutch Sheets
Isbn 10:B011CLLBG2
Uitgeverij:Struik Christian Media
Paperback boek:98
serie:Kindle-editie
gewicht Waag dit om weer te hoop (eBoek): Laat God weer jou passie aanwakker en jou drome herstel [Kindle-editie]:654 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.