Vrae wat God ons vra [Kindle-editie]

Eerder as om altyd vir antwoorde te soek in die Bybel, stel Trevor Hudson voor dat ons begin nadink oor die vrae wat God vra. God wil ’n gespreksverhouding met ons hê, en Hy begin daardie gesprek deur aan ons vrae te vra. God gee ook aan ons groter waardigheid deur ons toe te laat om met die vrae te worstel, eerder as om net eenvoudig antwoorde aan ons te gee. Vrae wat God ons vra verken tien vrae – vyf uit die Ou en vyf uit die Nuwe Testament – wat God aan individue in die Bybel gevra het en ook aan ons vra. Dit sluit in: Waar is jy? Wat is jou naam? Wat maak jy hier? Wie sê jy is Ek? Wil jy gesond word? Waarom huil jy? Daar is ’n veel groter krag om ons te verander in ’n vraag as in ’n reguit antwoord – elke hoofstuk bevat voorstelle hoe jy persoonlik God se vraag in die konteks van jou eie lewe kan verken en die lewensveranderende krag daarvan kan ervaar. Dit bevat ook vrae vir groepbespreking. Vrae wat God ons vra is gebind in ’n handige geskenkformaat, met pragtige volkleur foto’s gedruk op glanspapier.

De auteur:Trevor Hudson
Isbn 10:B00I0C4KK6
Uitgeverij:Struik Christian Media
Paperback boek:208
serie:Kindle-editie
gewicht Vrae wat God ons vra [Kindle-editie]:3358 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.