Rika du Plessis Omnibus 20 (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

SEWE Mini-boeke in een Omnibus. Let asseblief net op dat hierdie boeke ook as enkeltitels by Amazon aangebied word. Dit kos net goedkoper om die Sew in een te koop as al vyf die boeke individueel. DENNEGEURLIEFDE. Aniena erf ‘n stuk denneplantasie by haar ma. By nadere ondersoek van die stuk grond, vind sy ‘n houthuis en ‘n vreemde man op haar erfgrond – ‘n houthuis wat beslis nie ses jaar gelede daar was nie, en die man is haar duidelik nie goedgesind nie. Kort voor lank kan sy haar koppigheid om self op die stuk grond te kom bly glad nie verstaan nie. Die gevolge van haar besluit krap sommer gou ‘n klomp geheime oop wat haar aan die hart ruk. WONDER BY INDAWO. Nikita word feitlik geen keuse gelaat as om teen haar sin op haar oom se dierevakansieplaas, Indawo, te gaan werk nie. Die feit dat die man aan wie sy eens verloof was nou die plek bestuur, steek haar dwars in die krop. Hy het haar destyds gelos omdat hy geglo het sy verneuk hom met ‘n ander vrou. Op Indawo is egter nog ‘n man wat haar verkeerd opvryf, maar ook haar asem keer op keer steel… Hy is vir haar so bekend, maar ook tog heel anders as wat sy hom onthou. ZETA SE KIND. Lola spoel op ‘n eiland uit na ‘n traumatiese ervaring op see. Zeta en haar familie neem haar onder hulle vlerke, en sy is gelukkig by hulle. Sy kruip weg vir haar verlede, en Zeta beskerm haar. Maar van die dag af wat die eiland aan ‘n privaat koper verkoop word, beland Lola dag na dag in die moeilikheid, en skielik verstaan sy nie haar eie hart nie. GEKNEUSDE HARTE. Marinda en Petro is jarelange vriendinne wat albei ‘n knou in die lewe weg het. Albei kry finansieël swaar en toe daar uit die bloute ‘n klomp geld in Marinda se skoot beland, besluit sy om saam met Petro iewers ‘n plek te koop om dit ‘n veilige hawe vir gekneusde harte te maak. Sy koop Bloeisellaan vir die doel, en die aantreklike eienaar van die plek se lewe raak stil-stil vervleg met hare, maar sy is bang vir ‘n verbintenis. ‘n Uitgeteerde, verwaarloosde Doreen wat by Bloeisellaan beland, laat volg ‘n hele reeks gebeure wat die geloof in Petro sterk toets, maar ook uiteindelik die liefde laat seëvier. SKOENLAPPERVROU. Skoenlappervrou is voorheen as Vlindervrou verkoop. Na twee vernederende egskeidings vat Amalia die pad uit die stad Vlinderland toe - Die ruwe stuk bosveldplaas naby die Kruger Wildtuin. Hier sal sy 'n nuwe begin maak sonder enige man aan haar sy. Hierdie spesie is in haar boeke afgeskryf. Sy is moeg daarvoor om net deur hulle gebruik te word. Omstandighede op die skoenlapperplaas is egter geensins wat sy haar voorgestel het nie. Haar woning is in 'n patetiese toestand. Daar is 'n vreemde man in een van die gasterondawels. 'n Leeumannetjie laat die bloed in haar are stol. Skote klink in die nag op en vae geluide soos dowwe donderweer laat ook haar armhare orent staan... (15,400 woorde) Korter as 'n boek, langer as 'n kortverhaal. VERLORE OM ‘N GROTVUUR. Neem asseblief kennis: Hierdie boek is voorheen verkoop as Prinses Sumi. Sumi het in ʼn baie weelderige huis grootgeword, maar toe sy haar ouers verloor en ontdek hulle was eintlik bankrot, moes sy haar lewenstyl dringend aanpas. Sy sou direk na matriek vir haar moes werk soek om haarself in 'n klein woonstel te kon onderhou. Nooit het sy kon droom dat sy eers ontvoer sou word, smoorverlief raak op 'n bekende skrywer wat 'n hele paar jaar ouer as syself is, waar sy in afsondering saam met hom in 'n groot grot beland nie. Net toe sy besef haar liefde is vir ewig, en hy instem dat hulle kan kyk of so 'n verhouding kan werk omdat hy ook vir haar omgee, verdwyn hy spoorloos. SKUILING VIR HAAR SIEL. Yolandi se man, Burt, mishandel haar wreed toe sy nie vir hom kan kinders gee nie. Sy vlug en gaan kruip in eenvoud weg. Die mishandeling het gesorg vir ‘n digte kors om haar hart om nie weer iemand daar toe te laat nie. Toe stap Wessel haar lewe binne met oplossings vir haar probleme selfs al weet hy sy kan hom niks bied nie. Tog is die li

De auteur:Rika du Plessis
Isbn 10:B00J78FGBE
Uitgeverij:H. Cloete
Paperback boek:406
serie:Kindle-editie
gewicht Rika du Plessis Omnibus 20 (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:775 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.