Op reis met 'n hond [Kindle-editie]

’n Interessante en gesaghebbende nuwe vertellerstem. Die vertellings in hierdie debuutbundel speel op mekaar in en ontgin op onderbeklemtoonde wyse en in ’n elegiese toonaard temas soos verlies, die verlede, geweld, vervreemding, skuld, die rol van kuns, die spanning tussen die Europese en Afrika-bewussyn.   Dieselfde stem klink deur al die vertellings, wat gekenmerk word deur fyn waarneming en herhalende motiewe, met oomblikke van wrang humor (in bv. die makaber-humoristiese ‘“Skemeraand op ’n Boereplaas, oftewel Götterdämmerung op Gebedsfontein”).Herhalende motiewe sluit onder meer in die hond (as simbool van die onontkombaarheid van die verlede, van die dood?), die politiese onsekerheid in die land, die kunstenaarsfiguur wat vervreem word van die werklikheid en ontvlugting vind in die Europese letterkunde. Die vertellings is uiteindelik ’n óópteken van ’n landskap van verlies, maar nie sonder ’n afstandelike ironie en die salwing wat kuns en herinneringe ook kan bring nie.

De auteur:Anna Kemp
Isbn 10:B00BW7AFWI
Uitgeverij:Human & Rousseau; 1 editie
Paperback boek:86
serie:Kindle-editie
gewicht Op reis met 'n hond [Kindle-editie]:171 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.