Elke vrou vir haarself [Kindle-editie]

Elke vrou vir haarself is ’n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier.

De auteur:Elize Parker
Isbn 10:B00D157SS8
Uitgeverij:Human & Rousseau; 1 editie
Paperback boek:192
serie:Kindle-editie
gewicht Elke vrou vir haarself [Kindle-editie]:492 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.