Oorgegee: Om luidkeels tot sy eer te leef [Kindle-editie]

‘Dit was Junie 1997 – my matriekjaar. Ek het drie jaar vantevore my lewe aan die Here oorgegee en my lewe het dras­ties verander.’Só begin Retief Burger, gewilde liedjieskrywer en sanger se boek, Oorgegee. Hy vertel hoe hy tydens ’n konferensie vir jong mense geworstel het met wat die Here van hom wil hê. Wat die Here vir hom gesê het, was: ‘Retief, ek wil net hoor hoe jy sê jy is lief vir my. Sal jy dit vir my sê?’ Dít het sy lewe verander. Vir die eerste keer het hy verstaan dat die Koning van die heelal sy liefde wou hê. Sy eenvoudige liefde. En daar het Retief se reis van oorgee begin.Retief nooi jou om saam met hom deur sy lewe te stap. Hy wil jou aanspoor om luidkeels tot eer van die Here te leef. Dit is sy wens dat hierdie boek jou sal help om die Vader ten volle te vertrou en te besef dat totale oorgawe en afhanklikheid die plek is vanwaar ons veronderstel is om te leef. Net soos wat Retief duisende mense met sy liedjies aanraak, sal hierdie persoonlike getuienis elkeen wat dit lees, aanraak en hul lewe verander. Om hierdie boek nog spesialer te maak, kry lesers ’n beperkte uitgawe CD saam met die boek.

De auteur:Retief Burger
Isbn 10:B00I0C4W7W
Uitgeverij:Struik Christian Media
Paperback boek:195
serie:Kindle-editie
gewicht Oorgegee: Om luidkeels tot sy eer te leef [Kindle-editie]:603 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.