Bak met Josh [Kindle-editie]

Bak met Josh spruit uit die suksesvolle Kook met Josh, waarvan meer as 10 000 kopieë in Afrikaans en Engels verkoop het sedert die bekendstelling in 2012. Bak met Josh bevat Josh se gunstelingbakresepte Elke hoofstuk bevat pragtige kosfotografie, Josh se eie illustrasies en stap-vir-stap strokiesprente. Terwyl die kleingoed wag vir hul heerlike lekkernye om klaar te bak, kan hulle ook die prettige speletjies en aktiwiteite in Bak met Josh, soos verbind-die-kolletjies, woordspeletjies, blokkiesraaisels en inkleur, geniet. Josh sluit ook ’n kleurvolle bladsye met prettige feite en bakwenke in – kinders sal beslis iets nuuts leer! Bak met Josh bevat meer as 40 resepte wat wissel van gunstelinge soos wortelkoek en piesangbrood, tot nuwe, interessante resepte soos die Miljoenêr-in-wording sjokoladekoek, horing-kolwyntjies en sjokolade-lawa-koekies. Bak met Josh sal jonk en oud inspireer om heerlike gebak vir die hele gesin te maak. Selfs Gordon Ramsey het opgemerk: ‘Josh is besonder talentvol in die kombuis en boonop so jonk! Hy is voorwaar ’n inspirasie vir ander kinders wat graag wil kosmaak. Sterkte!’

De auteur:Josh Thirion
Isbn 10:B00M0MG15E
Uitgeverij:Struik Lifestyle
Paperback boek:186
serie:Kindle-editie
gewicht Bak met Josh [Kindle-editie]:23425 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.