Van saai tot fraai [Kindle-editie]

Van Saai tot Fraai is ’n luukse handwerkboek wat wys hoe ongewensde, ou, alledaagse huishoudelike items in pragtige dekor omskep kan word. Deur die idee van herbruik en herwin in gedagte te hou, neem Almie Louis dit verder deur die mees gewone of selfs lelike items tot begeerlike pragstukke op te tower. Almie begelei die leser stap vir stap met helder, pragtige fotografie om ’n verskeidenheid tegnieke soos krakelering, decoupage, glansvernis, papier-maché, vergulding en veroudering toe te pas. Hierdie boek sal enige iemand inspireer om ’n nuwe stokperdjie aan te leer. Daar is 90 projekte vir items in elke vertrek van die huis, selfs die tuin! Kies uit dekoratiewe ligte, nuttige draadmandjies, muurbehangsels en rame, snuisteryhouertjies, retrostyle blikke, lampskerms, ’n verskeidenheid tafels en stoeltjies en vele meer.

De auteur:Almie Louis
Isbn 10:B00LB5ZRK6
Uitgeverij:Struik Lifestyle
Paperback boek:491
serie:Kindle-editie
gewicht Van saai tot fraai [Kindle-editie]:40228 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.