Verbeel jou dis somer [Kindle-editie]

De Vries se nuwe bundel sluit aan by sy ernstiger werk (bv Nag van die Clown, Tot verhaal kom). Hier is sy hooftemas weer die onbegrypbaarheid van dinge en die weemoed van menswees – en dis daardie gevoel van weemoed wat die leser bybly na die lees van hierdie verhale. Die verhale gaan oor gewone mense en is eg menslik, soos die sensitiewe beeld van die ou straatskoonmaker wat sy werk verloor in “Ode aan ’n ou man wie se strate oor hom treur”. In ’n verhaal soos "Winternag"is dit die subtiele uitbeelding van emosionele geweld in ’n verhouding; in “Storm” gaan dit oor tot eksterne geweld. Geweld word in die bundel ’n metafoor vir morele verval, ’n spieëlbeeld van die aftakeling van die mens vanweë die geestelike aanslag in watter vorm ookal. Verhale wat onthutsend én liries is.

De auteur:Abraham H. de Vries
Isbn 10:B00BSTZGZQ
Uitgeverij:Human & Rousseau; 1 editie
Paperback boek:68
serie:Kindle-editie
gewicht Verbeel jou dis somer [Kindle-editie]:316 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.