Kennis van die aand [Kindle-editie]

Die verbod op Kennis van die aand  in 1974 was ’n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde en het maande lank op koerantvoorblaaie geboer, sowel in Suid-Afrika as elders in die wêreld. Die publisiteit het gewissel van Koot Vorster se berugte uitspraak: “As dít letterkunde is, dan is ’n bordeel ’n Sondagskool” tot die stelling dat dit die “grootste roman is wat nog uit Suid-Afrika voortgekom het”. En danksy dié publisiteit is dit wêreldwyd vertaal, wat tot vandag toe die skrywer se internasionale loopbaan bepaal deurdat sy werk nou in 33 tale beskikbaar is. In Brink se werk self bly dit ’n hoogtepunt, en dit is verbasend hoe eietyds dit nog steeds aandoen.Teen die agtergrond van ’n lydensgeskiedenis wat oor twee eeue strek en ’n geskakeerde beeld van Suid-Afrika vandag, verloop die lewensverhaal van ’n talentvolle Kaapse bruinman Josef Malan wat stadigaan – veral in die ontplooiing van sy liefdesverhouding met die Britse meisie Jessica – vernietig word deur die spanninge, magte en werklikhede van sy samelewing, terwyl hy tog ook op ’n paradoksale manier oorwin.Dit is ’n roman met elegiese opset, maar dit is ryk aan afwisseling op ’n breë skaal: nugterheid teenoor drama, aardse humor teenoor ’n peiling van die delikaatste nuanses van die liefde en die seksuele, besinning teenoor kragtige handeling, kleurryke vertelling teenoor skerp satire. Bo-oor dit alles staan die bedrieglike eenvoud van ’n verhaal wat hom met die noodwendigheid van ’n ou tragedie voltrek. In die woorde van prof. Ampie Coetzee: “As die romanskrywer hoegenaamd belangstel in die werklikhede van sy eie land, dan is Kennis van die aand die eerste bewys daarvan, dan sal dit die volgende rewolusie in die Afrikaanse romankuns kan inlei.”

De auteur:André P Brink
Isbn 10:B00BW7EYZC
Uitgeverij:Human & Rousseau; 1 editie
Paperback boek:475
serie:Kindle-editie
gewicht Kennis van die aand [Kindle-editie]:804 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.