Genade onbeskryflik groot [Kindle-editie]

Ons praat maklik van genade. Dit is 'n baie beleefde woord wat gemaklik oor die tong gly terwyl jy in die kerk sing; dit soek nie moeilikheid nie en verwag ook nie baie van jou nie. As iemand vra 'Glo jy in genade?' is dit maklik om ja te se. Maar weet ons wat werklike genade beteken? In Genade onbeskryflik groot vra Max Lucado 'n dieper vraag: Is jy al deur genade verander? Versterk? Bemoedig? Versag? Aan die nek gegryp en geskud totdat jy tot jou sinne kom? God se genade is deurdrenkend. Dit is wild soos 'n stormrivier wat jou bollemakiesie laat slaan en laat omtuimel. Genade kom agter jou aan. Dit wil jou herbedraad - van onseker tot God-seker. Van vreesbevange tot reg-om-te-vlieg. Van hartseer en verdriet tot dit-was-alles-die-moeite-werd. Genade is 'n stem wat ons vra om te verander en die krag wat ons help om dit te doen. In Genade onbeskryflik groot help Lucado op sy kenmerkende styl lesers ontdek hoe hulle kan seker maak dat genade hulle ook op die ou einde meesleur tot 'n lewe van oorwinning.

De auteur:Max Lucado
Isbn 10:B00I0C4OI4
Uitgeverij:Struik Christian Media; 1 editie
Paperback boek:177
serie:Kindle-editie
gewicht Genade onbeskryflik groot [Kindle-editie]:976 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.