Ena Murray Omnibus 35 [Kindle-editie]

In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself ’n volle twintig jaar ouer te laat voorkom – sy beeld ’n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie. En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar ’n maand voor hul troue in dat hy ’n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy ’n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het . . .

De auteur:Ena Murray
Isbn 10:B00CEAJAT6
Uitgeverij:Jasmyn; 1 editie
Paperback boek:504
serie:Kindle-editie
gewicht Ena Murray Omnibus 35 [Kindle-editie]:1155 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.