En die klippe sal uitroep [Kindle-editie]

Emile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rhône, is op dertig ’n gesogte vangs onder die skoner geslag. Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral teenoor die plaaswerkers. Dié vurige kampvegter vir menseregte het ’n hart wat onstilbaar klop . . . Vir Martha wat al vergeet het van boontoe beur en wegbreek na ’n beter lewe. Vir Maria, haar mooi dogter met die droom om dokter te word. “Daar is geen reënboog vir ons nie. God het dit vir die ander mense gestuur en die rykes kry die pot goud daarby – van ons hier op die plase en in die strooise het Hy vergeet . . .” refrein Martha se bitter klag in Miempie se hart. Wat is jy werd as jy nie meer ideale en ’n gewete het nie? Hoe moet die wêreld ’n beter plek word as almal net stilbly? Miempie rus nie voordat sy nie die klippe laat uitroep nie . . .

De auteur:Ena Murray
Isbn 10:B00EVQUU0E
Uitgeverij:Jasmyn; 1 editie
Paperback boek:158
serie:Kindle-editie
gewicht En die klippe sal uitroep [Kindle-editie]:353 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.