ROMEINE: Riglyne vir 'n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste brief (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Die brief aan die Romeine is inderdaad ‘n unieke en manjifieke werk. Niemand kan dit betwyfel nie. Aangesien dit die enigste brief is aan ‘n gemeente waar Paulus nooit self was nie, het ons hier ‘n volledige uiteensetting van die evangelie. Dit is hierdie evangelie wat ook in al die ander gemeentes soos Korinte, Efese en ander, gepreek is. Hierdie boek was instrumenteel in die bekering van Augustinus, die bekende en invloedryke Kerkvader. Dit het Martin Luther vir altyd omgekeer en het daarom indirek tot die 16de eeuse Reformasie bygedra. Die bekende Bybel vertaler, Tyndale, het Romeine die “principal and most excellent part of the New Testament” genoem. En so kan ons aangaan … Die belangrikste is egter dat hierdie boek jou lewe vir altyd kan omkeer! Jy moet verstaan dat hierdie nie ‘n kommentaar op Romeine is nie. Die boekie is veels te dun daarvoor! Dit is ook nie ‘n gids met preke nie. Nog minder ‘n blote ”devotional” wat jy gou in die aand kan lees as jy te moeg is om in jou Bybel te lees nie. Wat jy in jou hand het is bloot ‘n stuk gereedskap wat jou gaan help om Romeine oop te breek op die manier waarop die Heilige Gees dit deur die skrywe van Paulus bedoel het. Dit gaan jou help om te verstaan hoe die boek in mekaar steek. Alle gedeeltes gaan ook nie ewe veel aandag kry nie. Sό byvoorbeeld gaan hoofstuk 6 bietjie meer vleis om die been hê, bloot omrede hierdie skrywer voel hoofstuk 6 is van sulke deurslaggewende belang dat dit die moeite werd is om so klein bietjie langer daarby stil te staan. Hoofstuk 12 tot 16 word weer bietjie “afgeskeep”, nie omrede dit nie belangrik is nie, maar omrede jy self redelik goed sin hieruit behoort te kan maak sonder veel hulp. Ek hoop jy gaan Romeine na dese nooit weer oorslaan in jou stiltetyd nie, meer nog: Ek hoop jy gaan Romeine dink, leef en sing!

De auteur:Jacobus de Koning
Isbn 10:B01822OC1A
Uitgeverij:Jacobus de Koning
Paperback boek:39
serie:Kindle-editie
gewicht ROMEINE: Riglyne vir 'n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste brief (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:1084 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.