Prooi (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Hulle ken mekaar nie, hierdie twee mans, elkeen met ’n donker lewe agter hulle, al twee onweerstaanbaar. En albei het ’n ding wat hulle jaag, hulle lewe oorheers. Vir Cody is dit die jag op meisies, soveel as moontlik, so gou en so kortstondig as moontlik. Want die jag gaan immers oor hom en wat hy aan homself moet bewys. Vir Owen is dit die brute krag wat hy in die gimnasium opbou, wat hy daarmee kan vermag, die geveg wat hy daarmee kan wen en só sy groot deurbraak kan maak: Verloor is nie ’n opsie nie. Baklei tot jy breek. Uiteindelik is dit Lauren wat hulle paaie laat kruis. Só word sy hulle gemeenskaplike obsessie, dalk omdat sy ook op ’n noodlottige pad is en die verraderlike spel beter kan speel as wat syself vermoed het. Tussen alles deur duik een onheilspellende naam telkens op: Black Valentine. Maar die plek bestaan nie werklik nie. Dis onmoontlik. Daar is nie so ’n klub nie, reg? Fanie Viljoen is ’n deurwinterde skrywer wat sy hand al aan verskeie genres gewaag het. Prooi is die eerste spanningsroman uit sy pen.

De auteur:Fanie Viljoen
Isbn 10:B00XEKFM6U
Uitgeverij:LAPA Uitgewers
Paperback boek:239
serie:Kindle-editie
gewicht Prooi (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:2560 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.