Ou bloed (English Edition) [Kindle-editie]

Thys Krige is al vyftien jaar op die spoor van sy pa se moordenaar. Ou bloed. Dit is trouens hoekom hy by die polisiemag aangesluit het. Keer op keer bevind hy hom in ’n doodloopstraat. En telkens word sy soektog gedwarsboom – onder andere deur korrupsie in die polisiemag. Maar Krige het in sy soektog ’n vennoot waarvan hy nooit geweet het nie en hierdie mens glo nie net in bloedige en grusame geregtigheid nie, hy gee uitvoering daaraan. Wat Krige ook nie weet nie, is dat die bloed inderdaad dieper loop, soos ’n geheimsinnige figuur vir hom gesê het die aand toe sy pa vermoor is.Venter lei die leser na tonele wat die bloed laat stol, na die donker en droewe wêreld van dwelms en kinderhandel. En ja, daar is ’n vrou, een wat al ’n pad saam met Krige geloop het.Ou bloed volg Venter se vorige roman, Dieper as die bloed, op.

De auteur:Peet Venter
Isbn 10:B00DI7JJC2
Uitgeverij:LAPA Uitgewers
Paperback boek:271
serie:Kindle-editie
gewicht Ou bloed (English Edition) [Kindle-editie]:2187 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.