My geloofsent het nie gegroei nie!: Vind sin en betekenis in 'n geloofsvrye lewe (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Waarom is dit so dat klein kindertjies aanvanklik onvoorwaardelik in ʼn tandmuis en kersvader glo? Mettertyd kom hulle egter tot ander insigte deur klein ontdekkingkies wat hulle self maak, of maatjies of ouers lig hulle in dat dit sommer net dinge van kinders is en nie regtig waar is nie. Waarom is dit so dat as ʼn volwassene steeds in ʼn tandmuis of kersvader glo, hy/sy as psigies sertifiseerbaar beskou sal word? Maar waarom is dit dat wanneer volwassenes geloofsgewys steeds in ʼn superwese glo hulle nié as psigies sertifiseerbaar beskou word nie? ʼn Antwoord is te vind in die indoktrinerende outoritêre geloofsmodel waarin alle godsdienste en gelowe gegiet is. Alle godsdienste en gelowe vereis onkritiese en blinde navolging van wat ook al die dogma is wat voorgehou word. Doen wat die predikant, of pastoor, of die ouderling, of imam, of jou heilige geskrifte sê om te doen – glo soos ʼn kind, maar bly om soos ʼn kind te glo, moenie vrae vra nie en jou pad is oop na ʼn wonderlike hiernamaals as beloning vir die nakoming van geloofsvoorskrifte. En as jy dit nie doen nie, wag daar ʼn afskuwelike plek op jou waar jy net ewige pyn en ellende sal ervaar. En onthou, net my godsdiens en wyse van geloofsbeoefening is reg, al die ander is op die minste ʼn dwaling, of heidens! Maar is dit so? Die kultuur waarin ʼn kind gebore word bepaal die geloofsent wat op hom/haar geokuleer sal word. ʼn Kind het geen keuse hierin nie en deur geloofsindoktrinasie word die kind tot by dood in daardie spesifieke geloofskultuur getooi. Moet ek jammer of bly wees as ek in die geloofskultuur van Islam gebore is, of Hindoe, of Joods, of as ʼn Afrikaan in Kenia wat voorvadergeeste aanbid? En as ek as ʼn kind in een van die geloofsvrye Skandinawiese lande gebore is en geen geloofsopvoeding gekry het nie, is ek dan direk vir die hel bestem? Verskeie geloofsmolshopies op my lewenspad het later ongeloofsberge geword en wat meegebring het dat ek toenemend skepties teenoor my gebore en getoë Christelike godsdiens en Gereformeerde geloof begin staan het. Anders as om tot geloofsinkeer te kom, iets wat in 'n enkele emosionele oomblik kan gebeur, is dit 'n lang en eensame alleentog om uiteindelik by 'n punt te kom waar openlik verklaar kan word: 'My geloofsent wou ná al die jare van probeer en weer probeer net nie groei nie. Nou neem ek afskeid van geloof en stap 'n geloofsvrye pad.' Kritiese bevraagtekening het helderheid gebring dat mitiese verhale die Bybel deurspek, dat die Bybel in vele opsigte weersprekend en ongeloofwaardig is en dat gebed niks meer as ʼn psigiese ontlading van wense en begeertes is nie. Dit het ook duidelik geword dat die God van Abraham (in effek alle opperweses in alle gelowe) net so veel van 'n mitiese god is as enige van die antieke gode wat op 'n stadium ernstig deur navolgelinge gedien en geëer was, maar wat mettertyd in die vergetelheid verval het. Insgelyks was die Jesusfiguur, soos wat hy in die Evangelies verbeeld word, na alle waarskynlikheid nie 'n histories-werklike persoon nie. Om sin en betekenis aan 'n belewenis van lewe in die hier en die nou te gee, staan los van en hoef geen verbintenis met enige godsdienssiening, geloof of spirituele belewing te hê nie Die emosionele geloofskleed van 'n aangebore skuldige, onbekwame, en onbevoegde mens wat deur geloofsindoktrinasie in gelowiges ingeprent word, kan afgegooi word. Dit is 'n illusie wat geskep word dat gelowiges slegs 'gered' kan word as hulle onbevraagtekenend aan die toneelspel van geloof deelneem, sodat wanneer die gordyn sak, die beloning vir 'n mooie bydrae 'n ewigdurende lewe van geluk en vrede sal wees. Die toutjies waarmee met mense in die hierdie poppespel gespeel word, kan geknip word en verantwoordelikheid kan geneem word vir 'n eie vreugdevolle lewe in die hiernoumaals. Lééf dit en geniet dit! Net miskien kan my verhaal, soos die van miljoene ander, iemand anders help om 'n venster oop te maak na die belewing van ʼn bevredigende geloofsvrye l

De auteur:Trichardt Malan
Isbn 10:B00NMFFWA8
Uitgeverij:Trichardt Malan
Paperback boek:266
serie:Kindle-editie
gewicht My geloofsent het nie gegroei nie!: Vind sin en betekenis in 'n geloofsvrye lewe (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:1011 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.