Talmende tuiskomsToe Irma de Wet die huis verlaat om van haar onhoudbare stiefma Matilda weg te kom, het sy nie gedink dat enigiets haar ooit terug sal laat keer nie. Sy is immers nou tuis in Johannesburg, het ’n goeie werk en eie woonstel en is verloof aan ’n man op wie sy baie verlief is. Sy probeer nie te veel dink aan haar pa en stiefsussie Tillie wat dit nog op die plaas met Matilda moet uithou nie. Dan, egter, is daar een oggend op kantoor ’n oproep wat al haar opgeboude sekerhede omverwerp. Dis Deon wat bel . . . daar het iets gebeur, en dis so ernstig dat hy dadelik ry om haar te kom haal. Min kon Irma weet dat die terugkeer nie gou sou wees nie, en dan onder veel ander omstandighede.LiefieNá die dood van haar moeder, wat reeds etlike jare weduwee was, besluit die twintigjarige Liefie Hugo om haar lewe te wy aan die grootmaak van die drie jongeres: Sjimmie, Lettie en Laurie. Sy gee hulle kleinhoewe vlak buite die dorp die naam Die Drie, en kry ’n padstal aan die gang om die begroting te laat klop. Deur die jare word sy die onwrikbare steunpilaar van haar suster en broers. Soos hulle volwasse raak en pynlike probleme op die lyf loop, probeer sy hulle daarteen beskerm. Dan breek die dag aan dat die ou bestel begin wankel. Sal hulle die storms oorleef, en sal een of meer van hulle ooit werklik geluk vind?Waar is die kleure heen?“Die lewe . . . soms is alles so mooi. Net reg. Tot jy op ’n dag ontwaak en wonder: waar is die kleure heen?” Hierdie vraag teister nie net vir Fiona Collins nie, maar ook vir Meyer Bronkhorst en vir Laura. Sedert die verraad van Laura en sy broer Piet, het Meyer nog nooit weer in ’n vrou belang gestel nie. Hy wy sy lewe aan sy eksentrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar slegs een ding in die lewe is seker: dat niks ooit dieselfde bly nie. Nie vir Fiona, vir Laura of Meyer, ook nie vir die vreemdeling wat onverwags op Sederburg opdaag nie. Die leser raak intens betrokke by die wel en wee van ’n aantal mense op die skynbaar vreedsame dorpie.
Populaire auteurs
Cram101 Textbook Reviews (948) J.S. Bach (447) Wolfgang Amadeus Mozart (305) Collectif (268) Schrijf als eerste een recensie over dit item (259) Doug Gelbert (238) Princess of Patterns (211) Charles Dickens (209) R.B. Grimm (197) Carolyn Keene (187) Jules Verne (183) Philipp Winterberg (180) William Shakespeare (174) Youscribe (172) Lucas Nicolato (169) Edgar Allan Poe (167) Herman Melville (166) Anonymous (165) Gilad Soffer (164) Robert Louis Stevenson (159)Populaire gewichtsboeken
418 KB 425 KB 435 KB 459 KB 445 KB 439 KB 386 KB 413 KB 493 KB 432 KB 455 KB 471 KB 421 KB 451 KB 485 KB 472 KB 416 KB 369 KB 419 KB 427 KB