Jy kan 'n verskil maak (eBoek): Geloofsverhale van gewone mense wat buitengewoon leef [Kindle-editie]

God roep nie bekwame mense nie, Hy bekwaam die mense wat Hy roep. In JY KAN ’N VERSKIL MAAK kom sê Stephan Joubert vir elkeen: Dis nie so moeilik om ʼn dissipel van Jesus te wees nie. Skud af daardie vooropgestelde idees wat jy het oor vir die Here “werk” en gaan lééf vir Hom. Stephan Joubert kyk in hierdie boek na die dinge wat mense terughou terwyl dit eintlik binne hul vermoë is om ’n verskil te maak in ander se lewens. Bekendes soos Lindie Strydom, Liesel Krause-Wiid en Tom Smith deel hul getuienisse oor hoe ingrypend hul perspektief op dissipelskap verruim is deur net toe te laat dat God deur hulle werk. JY KAN ’N VERSKIL MAAK is vir almal wat die behoefte het om sonder skuldgevoelens en geestelike manipulasie vir die Here te leef en ’n verskil te maak in die wêreld.

De auteur:Stephan Joubert
Isbn 10:B00M4AD204
Uitgeverij:CHRISTELIKE UITGEWERSMPY
Paperback boek:195
serie:Kindle-editie
gewicht Jy kan 'n verskil maak (eBoek): Geloofsverhale van gewone mense wat buitengewoon leef [Kindle-editie]:814 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.