Die uitspraak van die sogenaamde Boeremagverhoor het Suid-Afrika pas weer ‘n dosis slegte publisiteit oorsee besorg. Maar presies wat het die mans beweeg om so op te tree dat hul, en hul gesinne, se lewens verwoes is? Die antwoord moet baie ver terug gesoek word. Die skrywer, Freek Penveer, het meer as twintig jaar gelede per toeval paaie met mense begin kruis wat in hierdie dampkring, swaar gelaai met godsdiensopvattings, ingesuig was. Hy het moeilikheid sien kom, maar niemand het hom geglo nie. Freek beskryf die wedervarings met mense uit hierdie groep in ‘n parodiese manier, en toe vind die arrestasies plaas. Hy moes ‘n dekade wag vir die afloop van die hofsaak sodat hy die manuskrip kon afrond. “Eintlik is dit ‘n tragedie – in elke opsig – wat steeds nêrens heen gaan nie. Deur die parodiese skryfwyse is probeer om afstand te plaas, want as jy iemand ken en op ‘n dag sit hy skielik agter tralies terwyl jy weet hoe “verdwaal” die persoon se vaste oortuigings is, dan is dit nie maklik nie. Stap saam met Freek deur ‘n bisarre wêreld waar min, indien enigiets sin maak, maar waarvoor sommiges – die meeste hoogs intelligent – tog bereid was om hul eie lewens, en hul gesinne se toekoms op die spel te plaas. Dis ‘n tragedie wat nie herhaal mag word nie, maar wat ‘n momentum het dat dit baie onwaarskynlik is dat van die mense uit dieselfde dampkring nie weer en weer gevang gaan word nie.
Populaire auteurs
Cram101 Textbook Reviews (948) J.S. Bach (447) Wolfgang Amadeus Mozart (305) Collectif (268) Schrijf als eerste een recensie over dit item (259) Doug Gelbert (238) Princess of Patterns (211) Charles Dickens (209) R.B. Grimm (197) Carolyn Keene (187) Jules Verne (183) Philipp Winterberg (180) William Shakespeare (174) Youscribe (172) Lucas Nicolato (169) Edgar Allan Poe (166) Herman Melville (166) Anonymous (165) Gilad Soffer (164) Robert Louis Stevenson (159)Populaire gewichtsboeken
418 KB 425 KB 435 KB 459 KB 445 KB 439 KB 386 KB 454 KB 413 KB 493 KB 432 KB 455 KB 471 KB 421 KB 451 KB 485 KB 472 KB 416 KB 369 KB 419 KB