"Elise Veldman, die beeldskone, vurige rooikoponderwyseres van Sonnerus, se liefde vir Armand van Rijn is besig om haar te verteer. Sy wou hom nie liefkry nie, het al trouens alles probeer om haar gevoel vir die aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, Die Wilgers, dood te smoor. Sy word verder getreiter deur sy reputasie as ’n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer, net vir eie afleiding en nooit omdat hy ernstig is nie.Elise is egter die een wat sy hart steel, maar sy vertrou nie sy liefde nie, al wil sy bitter graag. Sy kan en sal nie toelaat dat hy haar verneder nie, en tog kan sy nie die warmte van sy liefkosings weerstaan nie. Armand kan nie begryp waarom sy teen haar liefde vir hom stry nie. Toe verskyn Tersia Dreyer op die toneel. Sy is die Vrystaatse meisie, sy ouers se keuse vir hom, en aan wie hy, soos almal glo, oënskynlik verloof gaan raak. Die situasie maak Elise sielsongelukkig. As Armand haar, Elise, werklik so innig bemin soos wat hy sê, waarom skenk hy so baie aandag aan Tersia? Elise besluit om haar te vereenselwig met die feit dat Armand nooit net aan haar sal behoort nie. Al wat sy kan doen is om die betroubare maar onopwindende dokter Piet Beukes, wat so lief vir haar is, te trou. Maar of die besitlike, vurige Armand dit gaan toelaat, is ’n ander saak . . ."
Populaire auteurs
Cram101 Textbook Reviews (948) J.S. Bach (447) Wolfgang Amadeus Mozart (305) Collectif (268) Schrijf als eerste een recensie over dit item (259) Doug Gelbert (238) Princess of Patterns (211) Charles Dickens (209) R.B. Grimm (197) Carolyn Keene (187) Jules Verne (183) Philipp Winterberg (180) William Shakespeare (174) Youscribe (172) Lucas Nicolato (169) Edgar Allan Poe (166) Herman Melville (166) Anonymous (165) Gilad Soffer (164) Robert Louis Stevenson (159)Populaire gewichtsboeken
418 KB 425 KB 435 KB 459 KB 445 KB 439 KB 386 KB 413 KB 493 KB 432 KB 455 KB 471 KB 421 KB 451 KB 485 KB 472 KB 416 KB 369 KB 419 KB 427 KB