Die Nata, Deel 2: Ontnugtering (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Die Nata, Deel 2: Ontnugtering met Lei-drade: Stories maak boeke, begin met Hoofstuk 20 van die epiese verhaal van ’n uitsonderlike en liefhebbelike Ruimte-skepsel wat eintlik Leviatan heet maar verkies om haarself Nata te noem. Dis die vervolg van Die Nata, Deel 1: Onskuld Lei-drade: Woorde maak stories. Die Nata het 'n missie, maar sy baljaar graag saam met gesellige diere wat sy “Blinklywe” noem in die oseaan van ’n beeldskone blou-en-wit planeet, en sy wil die onmeetlike Ruimte ondersoek waar sy in staat is om haar liggaamsgrootte en vermoëns na willekeur aan te pas. Sy is verplig om twee biekerende mensmans in 'n vreemde ruimtetuigie uit 'n donker vyfde dimensie te red so pas nadat sy twee mensmeisies, wat in die kloue van die gewetenlose DoktorSibylHUYS beland het, op ’n eiland naby die dolfyne se speelplek gaan deponeer het. VyfSTN, een van die Buurte se Numra (super-intelligente kinders met buitengewone eienskappe) moet vir sy lewe vlug. Die eerste been van Vyf se reis eindig op Goedgedacht, die Buurte se Melkplaas waar hy noodgedwonge leer om vir homself te sorg in omstandighede wat hy hom in sy wildste drome nie kon voorstel nie. Die Numra se Leermeester, LinmiFORRSTR wat vir Vyf in haar woonstel versteek het; en EenVNSTRA, Vyf se boesemvriendin wat besef dat sy ’n buitengewone talent het om op mense se gedagtes in te skakel, se lot word saamgegooi. Die storie se macho held, JanWBR, het nie sy kontrak met die MelkwegVloot hernu nie want hy het ander planne. Dit lyk asof hy in ’n doodloopstraat beland en hy reken dis seker maar goed dat hy nie vir sy vriende van sy eintlike planne vertel het nie. Hy vergesel ’n PlanAlphaanse busbestuurder, wat hy in sy gedagtes OuSprinkaan noem, en dit laat hom asemrowende gesigte sien én in ’n stikdonker uitsiglose posisie beland! DawidBRNK en SoniaBOS wat saam met JanWBR in die Intergalaktiese Korporasie se Ruimtevloot opgelei is as VegVlieëniers het nog ’n paar weke van hulle kort vakansie in die GaiaBos oor voor hulle na MarsBasis waar hulle gestasioneer is moet terugkeer. Die leser kry inligting oor die oorsprong van drie Sterling-rasse wat afkomstig is van die verbode AndromedaGalaktika en kom meer van Oxxyxii die jong Duisendpoot te wete. Oxxyxii is in ’n jammerlike posisie. Hy het ’n ontstellende (vir sy empatiesverbonde Terrariër-ras) konneksie met die “onstabiele” HS JanWBR het. Die merkwaardige Medianiete (die Mediani-ras wat uit Andromeda verban is, werk agter die skerms en vind sekuriteit in formele vergaderingprosedures. Selket, die enigste oorlewende dan die Drakon-ras voer ’n skrikbewind in die Melkweg. VyfSTN peuter met ’n waardevolle KlasEen-robot wat as gevolg van een of ander Buurt-amptenaar se administratiewe rompslomp op die Melkplaas beland het en verdiep hom in die enigste boek in sy besit – die een wat veroorsaak het dat hy vir sy lewe moes vlug. Teen die einde van Deel 2 maak die Nata kennis met die Moerasriete van Camelopardalis, ’n MelkwegSterStelsel; meng in met hulle leefwyse en word saam met een van hulle opgesluit.

De auteur:CL Linström-Vorster
Isbn 10:B00MISDGMQ
Uitgeverij:Author; 1 editie
Paperback boek:273
serie:Kindle-editie
gewicht Die Nata, Deel 2: Ontnugtering (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:1038 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.