Die naakte feite (eBoek): Vrae wat jou ouers hoop jy nooit oor seks sal vra nie [Kindle-editie]

Almal praat, dink en wonder oor seks, veral tieners. En tog is dit die één ding waaroor hulle nie maklik met hulle ouers kan praat nie. In DIE NAAKTE FEITE kom ervare beraders en leraars Jimi le Roux en Timothy Kieswetter, kenners op die gebied van seksuologie, Bybellering en pastorale bediening, tot almal se redding met eerlike, reguit en Bybelsgebaseerde antwoorde op 56 werklike vrae wat tieners vra, soos: “Wanneer is mens reg vir seks?” en: “Wat sê die Bybel oor gay-wees?” Die vrae is in ses sinvolle afdelings verdeel, insluitend: Vrae oor ’n seun se liggaam, vrae oor ’n meisie se liggaam, vrae oor seks self en vrae oor verhoudings en seks. Die boek bevat ook ’n alfabetiese indeks met kort definisies en ’n lys met webtuistes en noodnommers waar tieners hulp kan kry in noodsituasies. DIE NAAKTE FEITE gee vir tieners die regte gereedskap om die regte keuses te maak.

De auteur:Jimi Le Roux
Isbn 10:B00IMC6FFW
Uitgeverij:CHRISTELIKE UITGEWERSMPY
Paperback boek:75
serie:Kindle-editie
gewicht Die naakte feite (eBoek): Vrae wat jou ouers hoop jy nooit oor seks sal vra nie [Kindle-editie]:1533 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.