Die engel en die bont bees [Kindle-editie]

“Nes ’n geslypte diamant het die waarheid baie kante. Hoe dit vir jou skyn, hang af van waffer kant af jy kyk.”Magrieta Malgas, die kleindogter van ’n reënmaker en die half-Koranna Klein-Lit, word in die sewentigerjare vir die onwettige ontginning van edelgesteentes aangekla. Saam met haar onwaarskynlike medebeskuldigdes, ’n bejaarde en ’n gestremde, beweer sy dat hulle die rivieroewer slegs maar oopgeskiet het om ’n oorlede vrou se as te bêre waar ’n groot vloed dit sal meesleur. “Weg … see toe.”Susara Vermeulen, ’n ietwat onbeholpe verslaggewer, word Oranjerivier toe gestuur om die saak op te volg. Sonder haar redakteur se medewete neem sy Magrieta se verhaal, getik in die Afrikaans van daardie streek, en ’n raaisel na ’n versteekte skat, saam. Deurweef met liriese oomblikke en ou legendes, ontvou die storie van Ntatisi, die Matabele-krygsvrou wat ’n diamant op haar voorkop gedra en haar soldate vreesloos in die stryd gelei het.Soos die Oranjerivier in vloed edelgesteentes saamspoel, raak Susara se verhaal met Magrieta s’n vervleg en word dit ’n reis na kennis van die mistieke, die self en lotsverbondenheidin Afrika.Jeanette Ferreira oor Die engel en die bont bees: “Uit die metafore van ’n gesuurde brood en ’n rivier wat die oewers oorstyg, groei hier ’n wonderlik verbeeldingryke roman. Só word feite die klein begin van groot mites wat eweseer oortuig, diep verweef in Ou Afrika en die vele tonge van Afrikaans. Uitsoek-Le Roux.”

De auteur:Johnita le Roux
Isbn 10:B00KS3O85C
Uitgeverij:Umuzi; 1 editie
Paperback boek:382
serie:Kindle-editie
gewicht Die engel en die bont bees [Kindle-editie]:1830 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.