Beskuldig dan die Liefde: 'n Liefdesnovelle (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Daar is ʼn onsigbare band wat dìe verbind wat bestem is om mekaar se paaie te kruis, ongeag van tyd, plek of omstandighede. Die band is tydloos, strek en kan selfs inmekaarstrengel, maar dit kan nooit breek nie. Hierdie is dan die vervlegde verhaal van Trixie en Pieter, haar jeugvriend en jong boer op hul buurplaas, van haar broer Dirk en Denise, die pragtige jong vrou wat sy voete onder hom uitslaan. Dit is ook die verhaal van Dirk se studentemaat, die teruggetrokke en aantreklike Herman Jansen, en Maryna, beeldskone vriendin van Denise, wat Herman se nuutgevonde vrede en rustigheid agter die muur wat hy so sorgvuldig om homself gebou het, soos ʼn aardbewing tref en inmekaar laat stort. Trixie is verward en ontsteld toe die gemaklikheid tussen haar en Pieter in ʼn gereelde bakleiery begin ontaard. Hulle is gedurig in mekaar se hare en Pieter is skielik nie meer die maat van haar jeug nie. Hy het ʼn jong man geword, en ʼn baie aantreklike een daarby. Maar dis nie al nie. Hoekom is sy nou so bewus van hom, en so vreemd opgewonde en week as hy naby haar kom? Het hy verander of is dit sy? Pieter verstaan nie hoekom sy skielik so vreemd optree teenoor hom nie, en wat is dit met haar en Herman? Hy besluit om iets aan die saak te doen, want Trixie was nog altyd die een vir hom. Maar dit gaan nie maklik wees nie, want sy is koppig en vol penne soos ʼn ystervark. Dit is die storie van Dirk, Trixie se begaafde kunstenaarbroer, en die pragtige Denise, die meisie wat sy voete letterlik onder hom uitslaan. Sy besit ʼn boetiek in die stad en een besoek daaraan op sy ma se aandrang sit die bal aan die rol vir die twee wat hul eindelik sal bring tot waar hul paaie kruis met die van Trixie en Pieter op Draaikolk, die Hofmans se familieplaas. Dis ook op Draaikolk waar die drade van misverstand, seerkry, en die vreemde spanning tussen Herman en Maryna begin ontrafel. Die liefde laat hom nie keer of aanjaag nie. Die liefde laat hom nie voorskryf nie. En die liefde kies hierdie ses jong mense om homself te volbring.

De auteur:Rachelle du Bois
Isbn 10:B00KKO6QN6
Uitgeverij: Amazon Media EU S.à r.l.
Paperback boek:127
serie:Kindle-editie
gewicht Beskuldig dan die Liefde: 'n Liefdesnovelle (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:764 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.