52 wenwenke vir ouers (eBoek): Wees vir jou kinders 'n wandelende getuie van God se Vaderliefde [Kindle-editie]

Kinders is ’n geskenk van God. Daarom moet ouers besef hulle is deur God aangestel om hulle kinders in sy weë groot te maak. Ouerskap is dus ’n enorme verantwoordelikheid omdat ons as ouers met God se kosbaarste besittings aan die werk is. Ons moet hulle vorm, lei en rig na die voorbeeld wat die hemelse Vader vir ons gee. Johan Smith werk daagliks met die geestelike vorming en groei van kinders en weet waarvan hy praat as hy ouers raad gee in hierdie opsig. In die vorm van 52 wenke, wat ondersteun word deur ’n Skrifgedeelte en gebed, laat hy ouers oopkop dink oor hulle gesinsbande en die invloed wat hulle op hulle kinders se lewe het. Van die wenke sluit in:• Vertrou God met jou kinders se toekoms.• Gee jou beste tyd vir jou kinders.• Maak jou huis ’n veilige vesting.• Pas op vir opgekropte emosies.• Bid vir jou kinders. Waar lê jou kinders op jou prioriteitslys? Sal God tevrede wees daarmee? Onthou: jou invloed gaan vir die res van jou kinders se lewe saam met hulle. Kom leer saam met Johan Smith hoe om die beste belegging denkbaar te maak, ’n belegging in jou kinders se emosionele bankrekening wat tot in ewigheid dividende lewer. ’n Moet-hê-boek vir elke ouer!

De auteur:Johan Smith
Isbn 10:B00UV6HFPQ
Uitgeverij:CHRISTELIKE UITGEWERSMPY
Paperback boek:106
serie:Kindle-editie
gewicht 52 wenwenke vir ouers (eBoek): Wees vir jou kinders 'n wandelende getuie van God se Vaderliefde [Kindle-editie]:2323 KB
Nieuwste boeken
Gerelateerde boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.