Vriende van Jesus (eBoek): Inspirerende verhale om Jesus se vriende te leer ken [Kindle-editie]

Amerika se gunsteling inspirerende romanskrywer en New York Times blitsverkoperskrywer vertel die verhaal van ses van Jesus se naaste vriende, terwyl sy Bybelse waarhede lewendig maak in hierdie boeiende voortsetting van haar Bybelstudie-reeks. Vriende is die mense met wie ons die meeste tyd spandeer in ons alledaagse lewens. Hulle is die mense saam met wie ons deur moeilikhede werk en wat ons die beste ken. Elkeen van Jesus se vriende – Petrus, Johannes, Matteus, Judas, Maria Magdalena en Lasarus – het saam met Jesus gereis en was deel van sy daaglikse bediening, en elkeen het ’n fassinerende storie om te vertel. Party van hulle het Hom bevraagteken en in Hom getwyfel ... en een het hom selfs verraai. Karen Kingsbury laat hierdie persoonlikhede herleef op ’n manier wat jou nie net nader aan die waarhede wat in die Bybel gevind word sal bring nie, maar ook nader aan Christus. Karen Kingsbury kombineer waardevolle, leersame Bybelstudie met boeiende en insiggewende karaktersketse van Jesus se metgeselle. Sy gee jou ’n dieper insig in die Bybelse leringe waar hierdie karakters voorkom. Jesus se vriende is kragtig, sal jou laat nadink en is hartroerend. Dit sal jou help om die Bybel te verstaan en ook hoe dit op jou eie verhoudings met die waardevolste mense in jou lewe van toepassing is.

De auteur:Karen Kingsbury
Isbn 10:B017O1ETE0
Uitgeverij:Struik Christian Media
serie:Kindle-editie
gewicht Vriende van Jesus (eBoek): Inspirerende verhale om Jesus se vriende te leer ken [Kindle-editie]:795 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.