Twee helftes vir die liefde (Afrikaans Edition) [Print Replica] [Kindle-editie]

ONS het gesels, gefilosofeer en uiteindelik oor die liefde besin. Sy was ‘n bruisende mens wat die liefde verstaan. Wat uit haar mond gekom het, is in haar hart gebore. “Liefde is vir my soos heerlike verniet wyn,” het sy gesê, “wyn waarmee ek maklik dronk kan raak.” Die mooi vrou het teen my kom staan en gefluister: “Dis die vog van die lewe waarsonder niemand kan lewe.” Toe het sy uitbundig gelag en haar dik bos blonde hare wild agteroor gegooi.” Haar borste het ferm teen haar dun somerrok gebeur en haar lippe het klam gelok en ek kon sien haar oë het nog baie om vir my te sê. “Vir my is liefde daardie spesiale geskenk wat aan jou toevertrou word - soos ‘n talent. Sommige het meer, ander minder, maar almal van ons het!” Sy het haar kop weggedraai en stil na die donker see gestaar. “Sou ‘n mens hierdie talent begrawe. As jy ‘n muur daarom bou – daarmee mors, dit ignoreer, of binne jou wegsteek, sal jy die gevolge moet dra.” Sy het weer nader gestap tot die deining van haar ferm borste aan die kaal van my sonbruin bolyf geraak het. Haar asemhaling was swaar en die reuk van haar liefde het teen my lyf opgekruip. Ek kon voel hoe die hunkering in my lyf opwel en styf teen haar vasgroei. “ ‘n Mens moet woeker met die liefde. Uit jou binneste grawe en dit rond saai. Slegs dan sal dit groei, blom en floreer.” Dit was asof die liefde soos deeg in haar hande was. Deeg vir die heerlikste brood en ek wou maar net ‘n paar van daardie krummels hê. “Maar onthou: ‘n Ander se liefde moet ook gereeld binne jou terug geplant word. Dit moet geil groei. En as jy dit nie kry nie, moet jy dit gaan uitgrawe.” Sy het tussen haar verwaaide hare na my geloer en my hand geneem. “Onthou: Die liefde is allerbelangrik vir oorlewing. Dis net jammer dat so baie dit misbruik as oppervlakkige maskers - meestal net om ‘n doel te bereik. Vir hulle is ek jammer, want hulle weet nie waarvan hulle hulself ontneem nie.” Sy het vorentoe geleun en haar koel lippe teer teen myne gedruk en toe wulps vir ‘n oomblik weggedeins en skoon laf in die rondte gedraai. Haar dun somerrok se onderpunte het swierig en hoog gelig sodat die soepelheid van haar stewige bobene uitdagend met my spot. “Wys my jou liefde,” het sy in my oor gefluister en die punt van haar tong liefderyk oor my slape en my wang gestreel tot haar vol lippe honger oor myne vou en haar tong warm soekend die binneste van my mond verken. Verhale, stories en sketse oor die liefde...

De auteur:Arnold Lacock
Isbn 10:B011GRNC1O
Uitgeverij:Arnold Lacock
serie:Kindle-editie
gewicht Twee helftes vir die liefde (Afrikaans Edition) [Print Replica] [Kindle-editie]:1033 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.